Man gesoek wat glo kan help om goud- en silwerstawe op te spoor

Lees ook :

Foto: Valke

NOORD-KAAP. – Mayeso Ginora Lufeyo word deur die Valke gesoek, aangesien hy hulle moontlik kan help om ‘n saak van goud- en silwerstawe van R40 m. wat op die plaas Witsloot in Vosburg gesteel is, op te los.

AO Nomthandazo Mnisi sê die klaer en sy vrou is in November 2022 deur vier gewapende, vermomde verdagtes op die plaas waar hulle ‘n huis gehuur het, oorval.

“Hulle het goudstawe en silwerstawe ter waarde van R40 miljoen asook ‘n .22-geweer, geroof.”

Mnisi sê ‘n saak van gewapende roof is geopen en is later vir ondersoek na die Valke oorgeplaas.

“Die gesteelde goud- en silwerstawe kan dalk aan niksvermoedende kopers verkoop wees.”

Enigiemand met relevante inligting oor waar Lufeyo hom bevind, word gevra om AO Rooiland by 082 770 5219 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief