NOORD-KAAP. – Mayeso Ginora Lufeyo word deur die Valke gesoek, aangesien hy hulle moontlik kan help om ‘n saak van goud- en silwerstawe van R40 m. wat op die plaas Witsloot in Vosburg gesteel is, op te los.
AO Nomthandazo Mnisi sê die klaer en sy vrou is in November 2022 deur vier gewapende, vermomde verdagtes op die plaas waar hulle ‘n huis gehuur het, oorval.
“Hulle het goudstawe en silwerstawe ter waarde van R40 miljoen asook ‘n .22-geweer, geroof.”
Mnisi sê ‘n saak van gewapende roof is geopen en is later vir ondersoek na die Valke oorgeplaas.
“Die gesteelde goud- en silwerstawe kan dalk aan niksvermoedende kopers verkoop wees.”
Enigiemand met relevante inligting oor waar Lufeyo hom bevind, word gevra om AO Rooiland by 082 770 5219 te bel.