Man gevonnis wat bejaarde egpaar met panga aanval

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Eblockwatch

WES-KAAP. – Cole Bruiners is Vrydag indie Plettenbergbaai-streekhof tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis ná sy skuldigbevinding aan die gewelddadige rooftog op ‘n bejaarde egpaar op 14 Januarie vanjaar.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê Bruiners het die egpaar in Challenge-rylaan met ‘n panga aangeval in ‘n poging om die vrou se handsak te roof. Sy het egter teruggeveg en is met die panga geslaan, wat kneusplekke en snye aan haar bolyf veroorsaak het. Haar man het ‘n snywond aan die linkerkant van sy kop opgedoen toe hy probeer keer het. Bruiners het met die egpaar se hoede gevlug.

Die voorval is deur CCTV-kameras vasgelê en die beeldmateriaal is wyd op sosiale media versprei. Bruiners is die volgende dag deur ‘n lid van die gemeenskap uitgeken en in besit van die panga in hegtenis geneem. Hy het saamgewerk en aangedui waar hy die gesteelde items verkoop het. Die items is later teruggevind.

Anele Pike, die staatsaanklaer, het vir ‘n streng vonnis gepleit en beklemtoon dat Bruiners nie ‘n eerstekeer-oortreder is nie, met twee vorige veroordelings. Pike het aangevoer dat vorige vonnisse geen afskrik- of rehabilitasie-effek gehad het nie. Die hof is versoek om weens die erns en brutaliteit van die misdaad nie die vonnisse saam te laat loop nie.

Die hof het Bruiners vir elke aanklag van roof met verswarende omstandighede 15 jaar direkte gevangenisstraf opgelê en beveel dat die tweede vonnis saamloop met die eerste. Hy is dus effektief tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die vonnis verwelkom en benadruk dat misdade teen kwesbare lede van die gemeenskap nie geduld sal word nie.

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief