OOS-KAAP. – ’n Volwasse man in sy 20’s is sedert Donderdag, nadat hy by Morganbaai-strand in die see gaan swem het, vermis.
Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens dr. Deborah Robertson-Anderson, adjunkstasiebevelvoerder van NSRI Kei Mouth, is die diensspan en lewensredders om 14:20 ontbied. Die man wie se klere op die strand gevind is, was nêrens te vinde nie. ’n Uitgebreide soektog in die see en langs die kuslyn het geen resultate opgelewer nie.
Die polisie se Waterpolisiëring en Duikdienste (WPDS) het op die toneel aangesluit en die soektog is steeds aan die gang. ’n Polisieondersoek is geopen.
Die gemeenskap, die polisie se soek-en-reddingspan en waterpolisie is steeds besig met die soektog.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: