KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is Woensdagmiddag op die M1 Higginson-hoofweg, naby Hans Dettman-hoofweg, gewond. Hy het ‘n skietwond aan sy bene gehad.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê ‘n skietinsident is net na 16:00 aangemeld. Met aankoms van dié diens op die toneel was die SAPD en ander veiligheidsmaatskappye reeds teenwoordig. Die man, vermoedelik in sy 20’s, met ‘n skietwond aan ‘n been, is gestabiliseer voordat hy vir verdere behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal in Durban vervoer is.
Jamieson sê die omstandighede van die skietinsident word deur die polisie ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





