Lees ook: Sowat 50 Putco-busse aan die brand gesteek in Mpumalanga
KZN. – ’n Vrou (40) het geweier om ’n kriminele saak oop te maak na haar kêrel, wat by haar bly, haar glo aangerand het.
Reaksie-eenheid SA (Rusa) het ’n oproep ontvang van die vrou se bure om ’n mesaanval aan te meld. Die beamptes het op die toneel aangekom om uit te vind die paar baklei glo al vir drie dae.
Volgens die slagoffer het haar kêrel haar met ’n plank met ysterspykers geslaan, maar sy het geweier om ’n saak teen hom te maak.
Bronne: Facebook
Lees ook: Sowat 50 Putco-busse aan die brand gesteek in Mpumalanga





