KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (40) het Sondagaand kritieke beserings opgedoen toe hy omstreeks 19:00 in Ivystraat, Pietermaritzburg inmekaargesak en daarna deur ‘n pitbull aangeval is.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê die man het weens ‘n mediese toestand inmekaargesak, waarna hy deur die hond getakel is. Volgens Botha het gevorderde lewensondersteunende paramedici die man gestabiliseer, waarna hy na ‘n hospitaal gehaas is.
“Die pasiënt word tans in ’n kritieke toestand gelys. KwaZulu Private Ambulance Service doen ’n beroep op die publiek om bewus te wees van hul omgewing en die nodige voorsorgmaatreëls te tref om hul eie veiligheid en dié van ander te verseker.”
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





