GAUTENG. – ‘n Man (56) het na bewering Maandag omstreeks 11:30 eers beide sy bejaarde ouers, onderskeidelik (72) en (75), in Kempton Park doodgeskiet. Hy het glo daarna sy vrou (43), dogter (22) en huiswerker (56) in Benoni by sy huis geskiet voordat hy na bewering die vuurwapen op homself gerig het.
Volgens lt.kol. Mavela Masondo ondersoek die polisie vier moordsake en twee sake van poging tot moord.
Die verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal nadat hy homself om die lewe probeer bring het. Sy ouers het glo net tuisgekom toe hy hulle doodgeskiet het. Hulle is op die toneel dood verklaar.
Masondo sê beide die dogter en huiswerker is op die toneel dood verklaar, terwyl die vrou vir mediese hulp na ‘n hospitaal geneem is.
Die motief vir die skietvoorval word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





