Man sterf in brand

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy laat 60’s of 70’s, het vanoggend in ‘n brand by ‘n huis in Eltham Place, in Malvern, wes van Durban, gesterf.

Garrith Jamieson sê hulp is net voor 08:00 na die brandtoneel ontbied. Die Ethekwini-brandweer was reeds besig om die brand van die huis en motorhuis te blus.

“Daar is rapporteer dat een persoon vermoedelik in die huis was.”

Jamieson sê die brandweer het toestemming verleen en paramedici kon die huis ingaan. Die man is geassesseer, maar weens sy noodlottige beserings kon niks vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar.

“In hierdie stadium is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie, maar die SAPD en die brandweer sal verder ondersoek instel.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief