KROONSTAD, VRYSTAAT. – Jan Motsamai (50) van Kroonstad is sedert Saterdag 7 April 2024 vermis.
Volgens sy vrou is hy om 12:45 daardie dag na Maokeng toe, maar is nie weer gesien nie. Volgens die SAPD dui hulle voorlopige ondersoek daarop dat hy moontlik tydens die fratsvloede daardie naweek kon verdrink het.
Welkom se duikeenheid is by die ondersoek betrek, maar hulle opsporingspogings het nog niks opgelewer nie.
Enigiemand wat inligting rakende Motsamai se verdwyning het of weet waar hy hom tans bevind, word aangemoedig om lt.kol. Mabuti Moremoholo by 082 372 1436 te kontak.

Bron: SAPD
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: