Man wat vrou vermoor, opsny en kook se parool weer geweier

Lees ook :

Man wat vrou vermoor, opsny en kook se parool geweier. Foto: Republikein

NAMIBIË. – Thomas Florin (56), veroordeelde moordenaar wat reeds 24 jaar agter tralies is, se parool is gister deur regter Boas Usiku geweier.

Florin het in 1999 lewenslange tronkstraf gekry nadat hy sy vrou, Monika, in Junie 1998 by hul huis in Swakopmund vermoor het. Hy het haar liggaam opgesny en gekook.

Die motief agter die moord was glo omdat sy Namibiese verblyfpermit afgekeur is en sy vrou geweier het dat hy hulle twee kinders saam met hom na Duitsland neem.

Hy is destyds as die “Swakopmund-slagter” gedoop. Dit is die derde keer wat sy parool afgekeur word.

Bronne: Kosmos 94.1, Namibian Sun, Republikein

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief