NAMIBIË. – Thomas Florin (56), veroordeelde moordenaar wat reeds 24 jaar agter tralies is, se parool is gister deur regter Boas Usiku geweier.
Florin het in 1999 lewenslange tronkstraf gekry nadat hy sy vrou, Monika, in Junie 1998 by hul huis in Swakopmund vermoor het. Hy het haar liggaam opgesny en gekook.
Die motief agter die moord was glo omdat sy Namibiese verblyfpermit afgekeur is en sy vrou geweier het dat hy hulle twee kinders saam met hom na Duitsland neem.
Hy is destyds as die “Swakopmund-slagter” gedoop. Dit is die derde keer wat sy parool afgekeur word.
Bronne: Kosmos 94.1, Namibian Sun, Republikein