Brekende Nuus
Misdaad

Voormalige speaker se korrupsiesaak uitgestel weens ongesteldheid

Foto: Parlement

GAUTENG. – Die korrupsiesaak teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, is vanoggend (Donderdag) in die Gautengse-Hooggeregshof in Pretoria tot 16 September uitgestel. Sy kon weens ongesteldheid nie in die hof verskyn nie. Mapisa-Nqakula staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery.

Henry Mamothame, Idac-woordvoerder, sê Mapisa-Nqakula se prokureur het ’n mediese sertifikaat aan die hof voorgelê wat haar afwesigheid bevestig. Sy word daarvan beskuldig dat sy R4,5 miljoen aangevra het, waarvan R2,1 miljoen na bewering in kontant ontvang is.

Die saak is vir verdere verhoor uitgestel.