Michele Potgieter het die afsterwe van haar 23-jarige dogter, Mari-Alena, Dinsdag, ná ‘n stryd met kanker op sosiale media gedeel.
“Die Here het vir Mari-Alena aan my geleen, en die Here het haar weggeneem; geloofd sy die Naam van die Here. Jesus en Ockert het haar vanaand hemel toe geneem. Nou is sy vry van pyn, smart en hartseer. My krag is in die Here. Hy is altyd getrou en goed, en Hy sal my ook hierdeur dra.”
Nuusflits betuig hiermee medelye aan Michele, haar seuns, uitgebreide familie en vriende.
Lees ook meer hier onder:





