Meer as R100 000 van Nellies Vellies se voorraad gesteel

Lees ook :

Foto's: Nàdine en Nellies Vellies

Nádine, Suid-Afrikaanse sangeres, het die aand van 20 November ‘n groot verlies gely toe by haar Nellies Vellies-winkel ingebreek en ongeveer R100 000 se leerprodukte gesteel is. Die publiek word gevra om hulle oë vir die items oop te hou.

Volgens ‘n sosialemediaplasing het Nádine by ‘n oop winkel in Wapadrand, Pretoria-Oos aangekom, waar kieskeurige diewe met sakke weg is, maar die skoene gelos is. ‘n Saak is by die polisie oopgemaak, maar Nádine belowe om weer die rakke vol te hê vir die winkel se tweede verjaardag.

Nádine sê: “n Hartseer dag vir Nellie Vellies … Gisteraand tussen 21:00 en 22:00 is ingebreek by my winkel. Vanoggend het ek daar gestop met deure wat oopstaan en rakke wat leeg is. Die diewe het nie belang gestel in my skoene nie, maar elke handsak, beursie en rugsak, toiletsakkie asook my kleurvolle Carnival Collection en Barbie-sakke is alles gesteel. Dis weg.

Verklarings is afgelê, vingerafdrukke is geneem, vorms is ingevul. Maar my hart bly seer! Meer as R100 000 se leerprodukte wat met soveel liefde gemaak is en hard voor gewerk is, is weggedra gisteraand. Ons het begin skoonmaak vandag. Ek, my ma, ouma en Anna wat by my werk.

Elke bestelling is steeds eenkant gebêre en gereed om afgehaal te word. En wanneer ons ons 2de verjaardag vier op 30 November by die winkeltjie, sal elke rak weer vol liefde en leer wees. Kom ondersteun ons nog steeds voor Kersfees asseblief. Die winkel sal weer van môre af oop wees. Ons het gepak wat ons tans kan…

Indien julle dalk enige Nellie Vellies-produkte op straat of by ‘n mark sien, laat weet ons groot asseblief by 0828937836 en moet hul asb. nie ondersteun nie. Dis my sakke, maar ek het hulle verloor… Liefde altyd.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief