Lees ook: Twee dood toe klein vliegtuig gebou tref
MHLASINI, KZN. – ’n Man (29) is in hegtenis geneem na hy glo Woensdag ’n meisie (13) op Mhlasini verkrag het.
Die Reaksie-eenheid SA (Rusa) is na die toneel ontbied na die gemeenskap die verdagte gevang het. ’n Inwoner het gesê hy was op pad na sy huis toe, toe hy die meisie by ’n bos sien uitkom het saam met die verdagte wat besig was om sy broek reg te trek. Die inwoner het die meisie ondervra, wat beweer die verdagte is haar buurman en hy het haar in die bos verkrag.
Na die gemeenskap die man gevang het, het sy ma op die toneel aangekom en beweer hy is ’n psigiatriese pasiënt. Sy kon nie bevestig waarvoor hy behandeling ontvang het nie.
Die man is aan die Verulam-SAPD oorhandig vir verdere ondersoek.
Bronne: Facebook
Lees ook: Twee dood toe klein vliegtuig gebou tref