Meisie (13) glo verkrag deur ‘psigiatriese pasiënt’

Lees ook :

Meisie (13) glo verkrag deur ‘psigiatriese pasiënt’ fotokrediet: Facebook

Lees ook: Twee dood toe klein vliegtuig gebou tref

MHLASINI, KZN. – ’n Man (29) is in hegtenis geneem na hy glo Woensdag ’n meisie (13) op Mhlasini verkrag het.

Die Reaksie-eenheid SA (Rusa) is na die toneel ontbied na die gemeenskap die verdagte gevang het. ’n Inwoner het gesê hy was op pad na sy huis toe, toe hy die meisie by ’n bos sien uitkom het saam met die verdagte wat besig was om sy broek reg te trek. Die inwoner het die meisie ondervra, wat beweer die verdagte is haar buurman en hy het haar in die bos verkrag.

Na die gemeenskap die man gevang het, het sy ma op die toneel aangekom en beweer hy is ’n psigiatriese pasiënt. Sy kon nie bevestig waarvoor hy behandeling ontvang het nie.

Die man is aan die Verulam-SAPD oorhandig vir verdere ondersoek.

Bronne: Facebook

Lees ook: Twee dood toe klein vliegtuig gebou tref

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief