WES-KAAP. – Anabela Rungo, die ma van die omstrede Mej. Nigerië, Chidimma Adetshina, is op R10 000 borg vrygelaat en in haar huis in Summer Greens onder huisarres geplaas.
Eric Ntabazalila sê Rungo mag slegs die huis verlaat wanneer sy in die hof moet verskyn, haar regsverteenwoordigers raadpleeg, of die departement van binnelandse sake besoek. Rungo mag voorts geen persoon namens haar na enige ambassade of konsulaat, ook in Mosambiek en Nigerië, maar nie tot die twee beperk nie, stuur nie. Totdat die saak afgehandel is, mag sy vir geen geen reisdokumente aansoek doen nie.
Sy mag gedurende haar huisarres ter eniger tyd deur ‘n immigrasie-, of ‘n polisiebeampte besoek word.
Die saak is vir verdere ondersoek tot 8 Mei uitgestel.
Lees meer hier onder:





