Mense smeek om hulp, vier vas vir beweerde brandstigting

Lees ook :

NOORD-KAAP. – Vier mense in gisteraand in hegtenis geneem vir beweerde brandstigting.

Die vier verdagtes is op Jan Kempdorp op die Vrystaatse grens gesien. Fredick van Zyl, veiligheidskoördineerder van Vaalharts Landbou, sê dis nie dieselfde mense wat glo die brand op ‘n plaas naby Boshof gestig het nie.

Bedank almal wat betrokke was

Die vier verdagtes is in ‘n goue Nissan vasgetrek. Op stemgrepe wat op Whatsupp versprei word, bedank die boeregemeenskap almal wat betrokke was by die opspoor van die verdagtes. Na aanloop van die nag smeek boere steeds om hulp. Dit brand nogsteeds op die Samariapad en by Chambe Lodge. Die gemeenskap maak ook vanoggend broodjies, kos en water bymekaar wat na die brandbestryders geneem sal word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief