Metropolisie-chaos – lughawepad heropen

Lees ook :

Foto's: Kevin van der Mescht

GAUTENG. – Na die staking/ “go slow” oor verminderde oortyd van EMPD-beamptes wat vanoggend chaos op paaie in en om die gebied veroorsaak is, is die pad na OR Tambo Internasionale Lughawe weer heropen.

Zweli Dlamini, woordvoerder vir die Stad Ekurhuleni, sê die SAPD- en EMPD-beamptes werk om die N3-hoofweg na Germiston te heropen. Die stad het volgens Dlamini vir lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale polisiekommissaris, gevra om die situasie spoedig op te los.

Verkeersvloei na Ortia het na normaal teruggekeer. Daar is geen verdere vertragings op die roete nie en al die bane is vir verkeer oop.

Dlamini bedank die publiek vir hulle geduld en samewerking tydens die tydelike ontwrigting.

“Ons sal voortgaan om verkeerstoestande noukeurig te monitor en opdaterings te verskaf soos nodig.”

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief