GAUTENG. – Meyerton-polisie en rolspelers in die Midvaal-omgewing het Dinsdag hande gevat om dwelmmisbruik en misdade waaronder die jeug gebuk gaan, aan te spreek.
Konst. Tlaleng Moloi sê die betrokkenheid van al die belanghebbendes het hulle by Kago-ya-bana in Meyerton-polisiëringsarea bymekaargebring.
Tydens die gedeelde inligtingsessie het rolspelers op ‘n pro-aktiewe benadering besluit om ‘n plaaslike aksiekomitee spesifiek gemik op dwelmmisbruik en misdade wat kinders affekteer op die been te bring.
Die komitee sien ook die nodigheid om daaglikse probleme met misdaadvoorkomingsaktiwiteite en -programme te hanteer om sodoende kriminele, asook sosiale bekommernisse van die jeug in die gemeenskap aan te spreek.
“We envisage to build a brighter future for our young citizens by empowering them to become resilient, responsible, and active contributors to society and help fight crime collectively.”





