BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT. – ’n Minderjarige voetganger is Vrydagoggend in Tielman Roosweg net na die Olive Hill-kafee in Bloemfontein dood toe hy of sy deur ’n motor getref is.
Volgens VR Med-nooddienste is die kind op die toneel dood verklaar. Omstanders het hulle geprys omdat hulle so vinnig op die toneel opgedaag het.
Die toneel is aan die Navalsig-SAPD oorhandig.
Bronne: VR Med, Facebook





