Lees ook: Mans in hegtenis na aanval op televisiestasie
Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het gesê die onlangse beslissing deur die Pretoria-hooggeregshof oor beurtkrag dek nie alle noodsaaklike openbare instellings nie.
Ramokgopa is van plan om teen die beslissing wat beurtkrag onkonstitusioneel verklaar te appelleer. Hy het tot 31 Januarie om aksie te neem om te verseker skole, polisiestasies en hospitale word nie deur beurtkrag geraak nie.
Ramokgopa het gesê hy appelleer nie oor die grondwetlikheid van beurtkrag nie, maar oor die beperkings van die beslissing.
Hy het gesê polisiestasies, hospitale en skole word spesifiek in die beslissing genoem, maar hy dink die water-infrastruktuur moet ook beskerm word.
Ramokgopa wil ook hê die hof moet verduidelik hoe redelike aksie gemeet sal word.
Bronne: EWN, Business Tech Africa, Moneyweb





