Minister van polisie oor SAPD se pligte tydens inperking in Noord-Kaap

Lees ook :

KIMBERLEY – Cassel Mathale, adjunkminister van polisie, genl. Kehla Sitole, nasionale kommissaris en die Suid-Afrikaanse Polisiediens se bestuurspan sal vir die oorblywende tydperk van inperking regdeur die Noord-Kaap toekyk dat regulasies gehoorsaam word.

Adjunkminister Mathale sê die polisie en weermag sal nog padblokkades in plek stel en besighede en inwoners van oor die Noord-Kaap besoek om te verseker dat almal in dié provinsie in hulle huise bly, nie in bondels saamdrom nie en nie onnodig rondbeweeg nie.

Mathale het lede van die polisie en weermag vir goeie werk en die feit dat hulle elke dag hulle lewens op die spel plaas, bedank. Cele het ook gesê daar is nog geen geval van Covid-19 in die polisie of weermag gerapporteer nie, wat beteken lede doen iets reg.

Hy het voortgegaan om te sê Suid-Afrika sal die koronavirus oorwin.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App