Minstens 34 dood in Israeliese aanval op residensiële gebou in Gaza

Lees ook :

Minstens 34 mense dood na Israeliese aanval op residensiële gebou in Gaza
Minstens 34 mense dood na Israeliese aanval op residensiële gebou in Gaza fotokrediet: Canva

Lees ook: Hezbollah-vuurpyl tref parkeerarea by Israel se hooflughawe

GAZA. – Minstens 34 mense is dood in ‘n aanval van die Israeliese weermag op ‘n vyfverdieping- residensiële gebou in Beit Lahia, Gaza.

Sewe mense is in die aanval beseer en meer is moontlik onder die rommel vasgekeer. Meeste van die oorledenes is vrouens en kinders.

Die Israeliese weermag het gesê dit is besig om Hamas in die noorde van Gaza, insluitend Beit Lahia, aan te val.

Drie aanvalle op vlugtelingkampe het die dood van 15 mense veroorsaak en vyf mense is dood in ‘n hommeltuigaanval op Rafah.

Die dodetal in Gaza is nou meer as 43 700.

Bronne: BBC, New York Times, Hindustan Times

Lees ook: Hezbollah-vuurpyl tref parkeerarea by Israel se hooflughawe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief