Misdadigers teiken gasbottels, hekmotors, bande

Lees ook :

Misdadigers teiken gasbottels, hekmotors, bande in Suid-Afrika
Misdadigers teiken gasbottels, hekmotors, bande in Suid-Afrika fotokrediet: Canva

Lees ook: Acsa reageer op bewerings oor mediese noodgeval by OR Tambo-lughawe

Fidelity ADT het huiseienaars gewaarsku misdadigers teiken plaaslik huise met gasbottels, hekmotors, bande en wielvellings.

Die sekuriteitsmaatskappy het gesê verskeie van hulle takke het verslae ontvang oor diewe wat by erwe ingaan of oor mure klim om gasbottels te steel.

Daar is ook verskeie hekmotors, bande en vellings gesteel. Die maatskappy het ook gewaarsku hekmotors word afgesit en dan kom misdadigers in deur die hekmotor na manual oor te skakel.

Die SAPD se nuwe misdaadsyfers wys daar was 40 751 huisbrake tussen Oktober en Desember 2023. Daar was ook 6 360 rowe by huise tussen Oktober en Desember 2023.

Mense word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir vreemde aktiwiteite en om die polisie te bel as hulle iets opmerk.

Bronne: BusinessTech, Fidelity ADT

Lees ook: Acsa reageer op bewerings oor mediese noodgeval by OR Tambo-lughawe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief