Huishoudings word aangemoedig om nie hierdie 14 items in die toilet af te spoel nie.
- Wegspoelbare wipes: Volgens die tydskrif Popular Science beteken die term ‘flushable’ dat die produk sy pad deur die toilet sal maak, maar dit het nog ’n groot impak verder af in die rioolstelsel. Wipes veroorsaak talle blokkasies in rioolstelsel regoor die wêreld.
- Vlos: Omrede vlos sintetiese bestanddele bevat, is dit skadelik vir die natuur en omgewing wanneer dit in die toilet afgespoel word.
- Hare: Hare bind om vette en koek om voorwerpe.
- Bloed: Behalwe vir menstruele bloed moet geen bloed in die toilet afgespoel word nie.
- Tampons:
- Vangskerms by rioolsuiweringsaanlegte word verstop deur tampons, sanitêre doekies, kondome en wegspoelbare wipes.
- Kondome: Sien item nommer 4.
- Naelknipsels: Naelknipsels het nie so ‘n groot impak soos wegspoelbare wipes nie, maar mense word aangemoedig om dit nie in die toilet af te spoel nie.
- Katvullis: Diereliefhebbers word ook aanbeveel om nie wegspoelbare katvullis in die toilet af te spoel nie.
- Sop en ander kosse: Die vette in kosse berg op in die rioolstelsel en veroorsaak blokkasies.
- Kontaklense: Mikroplastiek is ’n groot probleem in die natuur en dus word dit nie aanbeveel dat kontaklense in die toilet afgespoel word nie.
- Wegspoelbare toiletbakskoonmaaktoestelle
- Papierhanddoeke:Meeste papierhanddoeke bevat plastiekweefsels wat skadelik is vir die natuur.
- Babadoeke: Babadoeke bevat ook plastiek wat nie deur die rioolsuiweringsaanleg verwerk kan word nie.
- Wipes om grimering te verwyder: Moenie grimeerprodukte in die toilet afspoel nie, al word dit as wegspoelbaar bemark.
- Kookvet: Kookvet veroorsaak vetberge in die rioolstelsel. Mense word aangemoedig om kookvet in houers te plaas om te stol. Die houers kan dan in die asdrom gegooi word.