Ongeveer 300 taxi-operateurslisensies onwettiglik uitgereik

Ongeveer 300 van die 1830 minibustaxi’s wat passasiers in die Noord-Kaap vervoer se operateurslisensies is na bewering onwettiglik deur die departement van vervoer, veiligheid en skakeling uitgereik. “Die taxi-assosiasie het onlangs hulle eerste hofsaak gewen teen ‘n koste van bykans R800 000, terwyl die ANC belastingbetalers se geld gebruik...

Ongeveer 300 van die 1830 minibustaxi’s wat passasiers in die Noord-Kaap vervoer se operateurslisensies is na bewering onwettiglik deur die departement van vervoer, veiligheid en skakeling uitgereik.

“Die taxi-assosiasie het onlangs hulle eerste hofsaak gewen teen ‘n koste van bykans R800 000, terwyl die ANC belastingbetalers se geld gebruik het om die hofsaak teen te staan,” het Andrew Louw, DA-premierskandidaat vanoggend by die taxistaanplek by die KFC in die middestad gesê. Dit was tydens die DA se bekendstelling van inligting oor die aantyging van korrupsie oor die onwettige uitreiking van taxi-operateurslisensies.

Louw sê: “Die Greenpoint-taxi-assosiasie het ’n kriminele saak van aanranding en poging tot moord geopen, maar nog geen van hierdie hofsake het tot dusver voortgegaan nie. Vreemd genoeg is die beamptes by die departement van vervoer ook nie vervolg nie. Verder het die departement simpatie getoon teenoor die operateurs aan wie onwettige lisensies uitgereik is deur hulle nie te vervolg nie en het gekies om die probleem met ’n proses van konsultasies op te los. ”

Louw sê hulle vermoed dat korrupsie ’n groot rol speel in die onwettige uitreikings van die lisensies. “Die informasie wat ons tot ons beskikking het toon dat die amptenaar wat verantwoordelik is vir die uitreiking van onwettige taxi operateurslisensies ’n familielid is van die ANC-premier, Sylvia Lucas is.”

“Elke persoon wat ’n rol gespeel het in die uitreiking van onwettige lisensies moet vervolg word. Die tipe korrupsie bedreig nie net die inkomste van wettige taxi operateurs nie, maar plaas ook die lewens van passasiers in gevaar,” verduidelik Louw.

Kyk: Winkelsentrum in Lesotho loop onder storm deur

NB-Uitgewers maak wenners van jeugromankompetisie bekend

Daily lotto uitslae vir 15 April 2024

Ray en sy Jessica vier sewende huweliksherdenking

Ietermagog van onwettige handel gered

Kyk: Donderstorms saai verwoesting in Margate

Skuil daar slange in jou huis?

Twee seuns verdrink tydens skooluitstappie

Radio-omroeper se debuut in tweede druk

Rudi Claase stel ‘Afrikaans het Gees’ weens swak gesondheid uit

Seun se familie opgespoor

Twee vir ‘knopkieriemoord’ in aanhouding

Werner de Jager in tronk dood

Werksgeleentheid: Logistieke Bestuurder

Werksgeleentheid: Finansiële Bestuurder

Man wat met dubbelmoord-ondersoek kan help, gesoek