Mooiweer die naweek verwag

Lees ook :

Mooi weer die naweek verwag. Foto: SAWS

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het hulle weervoorspelling vir die naweek bekendgemaak. Mooiweer word vir die meerderheid van die land voorspel.

Die Noord-Kaap, Vrystaat, en Noordwes kan hulself regmaak vir warm tot baie warm temperature vandag. Limpopo en die noordelike dele van KZN gaan bitter warm kry met hoë temperature. Die Tuinroete tot by Port St Johns sal ook vandag koeler temperature ervaar.

Sondag word daar geïsoleerde buie vir die gebied tussen Oos-Londen en Durban voorspel. Die oostelike dele van die Noord-Kaap gaan uiterse warm toestande hê terwyl Gauteng warm en wolkloos gaan wees.

Maandag word daar vir die Oos-Kaap en KZN geïsoleerde donderbuie voorspel. Koeler weer sal oor die Wes-Kaap inbeweeg.

Bron: SAWS