LIMPOPO. – Twee mense is dood en nog 16 is Dinsdagmiddag beseer in ’n ernstige viervoertuigbotsing op die N1 naby Mookgophong (voorheen Naboomspruit), net buite Modimolle (voorheen Nylstroom).
Live Traffic NPO sê in ‘n sosialemediaplasing nooddienste het hulle na die toneel gehaas, wat daartoe gelei het dat verkeer in albei rigtings tot stilstand gekom het. Owerhede het bevestig dat 14 mense geringe beserings opgedoen het, terwyl twee ernstig beseer is. Al die beseerdes is vir behandeling na die FH Odendaal-hospitaal geneem.
Die oorsaak van die botsing is nog onbekend en sal deel vorm van ’n amptelike polisie-ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





