NOORD-KAAP. – Kgotso Gaobuse (19) en Mosimanegape Bloem (41) het Maandag vir die moord op Mohammed Ferazi (31), die werknemer van ‘n winkel, in die Kathu-landdroshof verskyn.
Sers. Timothy Sam sê die saak vir die formele borgverhoor is tot 18 Oktober uitgestel. Die verdagtes bly in aanhouding terwyl die ondersoek voortduur.
Ferazi is omstreeks 12:45 op 8 Oktober in die winkel aangeval en doodgemaak. Hy het noodlottige kop- en lyfbeserings opgedoen.
Nuusflits het berig die verdagtes het die besigheid betree en die oorledene aangeval en beroof. Kathu-polisie het ongeveer ‘n uur nadat die misdaad gepleeg is ‘n verdagte (24) op aanklagte van moord en sakeroof by die stortingsterrein gearresteer. Die oorledene was glo alleen toe die misdaad gepleeg is. Misdaadvoorkomingslede het inligting opgevolg, waarna ‘n verdagte (41) net voor 21:00 by ‘n huis in Siyathemba gearresteer is.
Nuusflits is in besit van ‘n video van die voorval. Die redaksionele bestuur het die besluit geneem om dit nie as gevolg van geweld in die video, te publiseer nie. Daarin kan gesien word hoe een van die verdagtes die oorledene, wat alleen is, oorval en herhaaldelik met ‘n hamer slaan. Volgens ‘n bron het een van die verdagtes ‘n bloedbesmeerde baadjie van die oorledene in sy huis versteek.
Rhino Security, wat by die sukses betrokke was, het die volgende plasing gemaak:
Robbery and Murder at Rainbow Tuckshop – Rhino Security Responds Swiftly
Seder Ave, 8 October 2024 – Just after 9:00 AM today, a tragic robbery and murder took place at Rainbow Tuckshop on Seder Ave. Rhino Security was quick to respond, dispatching members to the scene. At 14:14, the first suspect was apprehended near the pipeline.
Further intelligence was gathered regarding the whereabouts of a second suspect. Following up on this information, a Rhino Security reaction officer spotted the suspect’s vehicle. With Rhino Security, Kathu Community Police Forum and SAPS working together, the murder suspect was arrested shortly thereafter.
Rhino Security extends its deepest condolences to the family of the deceased during this difficult time. We remain committed to maintaining control over crime and ensuring the safety of our clients and community. We will continue to work tirelessly to ensure that crime does not prevail.
Enigiemand met inligting van die misdaad kan sers. Thamsanqa Mangaliso by 073 804 4316 bel.





