Moord op 102-jarige vrou ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ’n Bejaarde vrou (102) is Woensdagnag in die Bawa-lokasie buite Butterworth vermoor. Die polisie het ’n soektog na die verdagte(s) wat vir die moord verantwoordelik is van stapel gestuur.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa, provinsiale polisiewoordvoerder, sê luidens ‘n verklaring het die vrou in ‘n aparte kamer geslaap toe haar huis glo ná geforseerde toegang deur ’n venster betree is. Tydens ’n ondersoek is haar liggaam Donderdag met sigbare beserings aan die bolyf aangetref. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek tans sake van moord, verkragting en huisbraak. Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie, maar die ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief