Moord op bejaarde man en vrou ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Malekutu Alfred Mokhupi (83) en Maphetola Selaelo Rasodi (80), wat glo in ‘n verhouding was, se liggame is Dinsdagaand in verskillende vertrekke van ‘n huis, met toue om hulle nekke, aangetref.

Brig. Hlulani Mashaba sê die polisie het omstreeks 20:00 ‘n klagte van moord ontvang en hulle na die Ga-Kuranta-woonbuurt gehaas. Met aankoms op die toneel is die man in ‘n sittende posisie op die vloer met ‘n tou om sy nek, wat aan die dak vasgemaak is, aangetref. Die vrou is in ‘n ander vertrek gekry waar sy op die grond met haar gesig na bo gelê het, ook met ‘n tou om haar nek wat aan die dak vasgemaak is. Die liggame het nie sigbare beserings gehad nie en albei persone is dood verklaar.

Mokwakwaila-polsie ondersoek ‘n saak van huisroof en twee moorde. Die oorledenes se selfone is glo tydens die insident geroof. Die motief vir die insident en oorsaak van die dood van die bejaardes is deel van die ondersoek.

Mashaba sê enigiemand met relevante inligting kan AO Thai Modjadji op 060 996 0062 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief