GAUTENG. – Dingaan Teboho Tsetsengwe (36) is deur die Vereeniging-streekhof vir die moord op Bafana Herinton Maya op 18 Januarie 2021 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.
Konst. Tlaleng Moloi sê die polisie het op die betrokke dag inligting van die moord langs Meyerton-treinstasie ontvang. Met aankoms op die toneel is die ontbinde liggaam van Maya gevind.
AO Jimmy Kekana, ‘n gedugte speurder, het die moordsaak ondersoek en vir Tsetsengwe in hegtenis geneem en vir die moord aangekla. Die suksesvolle ondersoek het tot die vonnisoplegging gelei.
Kol. Senzangakhona Christopher Mohale het Kekana vir die suksesvolle ondersoek geprys.

