‘Moordenaar’ wat sakevrou en familielid buite Orighstad aanval en aan die brand steek gesoek

Lees ook :

Ter illustrasie : Canva

‘n Prominente sakevrou en haar neef, onderskeidelik 77 en 73 jaar oud, is Saterdag 3 Junie 2023 omstreeks 13:30 in twee huise by ‘n hotel in die Sekhukhune-distrik, buite Orighstad, Limpopo aangeval en aan die brand gesteek.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê ‘n soektog is na die skuldige geloods.

Die polisie is in kennis gestel van ‘n voorval wat probleme by die perseel aangedui het.

Met aankoms op die toneel is twee verbrande liggame van ‘n wit vrou en man in die verskillende huise gevind.

Die oorledenes is as ‘n prominente sakevrou en haar neef geïdentifiseer.

Volgens inligting is ‘n man, geklee in ‘n balaklawa, gesien toe hy glo van die toneel gevlug het.

Die motief vir die moorde is onbekend en geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Die ondersoek duur voort.

Lt.genl. Thembi Hadebe het die brutaliteit van die misdaad veroordeel en vra dat persone met inligting na vore sal kom.

Enigiemand met inligting kan met speur.lt.kol. Richard Boshomane by 079 894 5501 of AO Phaladi Makola by 082 749 2233 in verbinding tree.

Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word of die naaste polisiestasie of daar kan van die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief