PRETORIA, GAUTENG. – ’n Man is Woensdagaand beroof toe hy op die R80 in Pretoria besig was om sy motorband te ruil.
Volgens berigte was daar klippe in die pad onder Hendrikstraat se brug gepak wat tot die motor se pap band gelei het.
Die gewapende verdagtes het die motoris van sy selfoon, beursie en skoene beroof, waarna hy vasgebind is. Die verdagtes het daarna in die rigting van Sarelweg gehardloop.
’n Tweede motoris is glo ook beroof.
Bronne: Crime Watch, Yusuf Abramjee





