Lees ook: Nege ANC-lede sterf in busongeluk
Die gesondheidsministers van Mpumalanga en KwaZulu-Natal gaan vandag die busongelukslagoffers in die hospitaal besoek.
Nege ANC–lede is gister oorlede na die busbestuurder beheer verloor het oor die voertuig en dit gerol het. Agt mense is op slag dood en een is in die hospitaal oorlede. Die ANC-lede was op pad na Mpumalanga na die ANC se loodsing van hulle manifes in KwaZulu-Natal.
Medelye vir die oorlewendes het ingestroom en die ANC het hulle hartseer oor die ongeluk uitgespreek.
Die polisie ondersoek die omstandighede van die ongeluk.
Bronne: EWN, SA News, IOL
Lees ook: Nege ANC-lede sterf in busongeluk





