Munisipale werkers eis glo kontant om drein oop te maak

Lees ook :

Argief

KIMBERLEY – Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, waarsku inwoners van Kimberley teen munisipale werkers wat betaling vra om munisipale dreine oop te maak.

Die waarskuwing volg nadat dit onder Fourie se aandag gebring is.

In die waarskuwing sê hy sommige werkers van Sol Plaatje-munisipaliteit se sanitasiespanne eis glo aansienlike bedrae geld om munisipale dreine te ontblok. Dit gebeur veral na-ure. Hierdie versoeke is onwettig, sê Fourie.

“Probeer om sover moontlik áltyd ’n getuie teenwoordig te hê en om vriendelik die persoon se naam en van te bekom. ‘n Beëdigde verklaring kan dan by SAPD verkry word waarin die tyd en plek asook die bedrag wat versoek is, aangedui word.”

“Al die voertuie is toegerus met opsporingtoestelle. Die inligting is belangrik, want daar kan dan maklik nagespoor word watter span op die gegewe tyd aan diens was,” verduidelik Fourie. 

Hy sê: “Hierdie verklaring tesame met ’n brief vir ondersoek kan dan op die tweede vloer van die ou gebou by die watersanitasie-afdeling ingehandig word. Verkry dan ook ‘n erkenning van ontvangs.”

“Volg skriftelik op na 14 dae indien geen terugvoer ontvang is nie,” maan Fourie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief