Name van 8 oorledenes van Heibron-tragedie bekend

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Die polisie het die name van die agt insittendes van ‘n bakkie – grootouers en hulle kleinkinders, asook ‘n kollega en sy gesin – wat deur ‘n stroom in Heilbron meegesleur en oorlede is, is bekendgemaak.

Kapt. Loraine Earle sê die oorledenes is op 2 Maart as vermis aangemeld, nadat die bakkie waarin hulle gery het die Kliprivierlaagwaterbrug wou oorsteek en deur ‘n sterk stroom meegesleur is. ‘n Soektog is geloods en die liggame is op 3 Maart gekry.

Die oorledenes is as Ditaba Isaac Mazibuko, bestuurder (71), Modiehi Elizabeth Mazibuko (62), sy vrou, Refilwe Jwalane Monyatsi (14), kleindogter, Luyanda Zengele (10), kleinseun, Sibusiso Brain Zengele (12), kleinseun, Patrick Mquega (34), kollega van bestuurder, Nthabiseng Agnes Toba (33), kollega se vrou en Angela Toba (2), dogter van die kollega en sy vrou, geïdentifiseer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief