NASA het gister aangekondig dit gaan die Boeing Starliner-ruimtevaarders, Butch Wilmore en Suni Williams, moontlik vroeër terugbring Aarde toe.
Lees ook: NASA vertraag terugkeer van ruimtevaarders weens probleme met Boeing Starliner
Die agentskap het gesê dit kon die skedule aanpas na dit die SpaceX Crew Dragon-kapsule wat dit sou gebruik, uitgeruil het sodat dit vroeër na die Internasionale Ruimtestasie (IRS) kan gaan. Die kapsule sal nou so gou as 12 Maart na die ruimte reis, wat beteken Wilmore en Williams kan vroeër terugkom.
Williams en Wilmore is nou al in die ruimte sedert Junie 2024 ná die Boeing Starliner waarmee hulle na die IRS is, aandrywingsprobleme ervaar het en hulle daar gestrand is. Nasa het besluit om ‘n SpaceX-vaartuig te gebruik om hulle terug te bring na hulle besluit het dit is te gevaarlik om die Starliner te gebruik.
Bronne: Space, CNN, CBS News
Lees ook: NASA besluit moontlik volgende week oor Boeing Starliner





