Nasionale komponentshoof sal toesig hou oor ‘verkragtingsaak’ van meisie (7)

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Genl. Fannie Masemola het maj.genl. Mmantsheke Lekhele, die hoof van GKS, na Matatiele ontplooi om toesig oor die voortgesette ondersoek oor die beweerde verkragting van ‘n meisie (7) te hou.

Brig. Athlenda Mathe sê die GKS-komponent het 176 eenhede in die land wat geslagsgebaseerde geweld-verwante sake, elektroniese misdade, sowel as seksuele misdade, waarby vroue, kinders en weerlose groepe betrokke is, ondersoek. Lekhele, hoof van dié eenhede, het met die ondersoekspan in die saak vergader om seker te maak behoorlike omsigtigheid is uitgevoer en die ketting van bewyse is behoorlik bewaar.

Mathe bevestig Lekhele sal met persone van belang en sleutelbelanghebbendes soos die NVG vergader om geregtigheid en die finalisering van die saak te verseker. ‘n Volledige verslag sal met afhandeling van die ondersoekspan se werk volg. Daar word voorts gevra vir verantwoordelike beriggewing op sosiale media.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief