WES-KAAP. – Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het die vonnisse verwelkom wat vandag in die Joshlin Smith-saak aan Jacquen Appollis, Steveno Dumaizio van Rhyn en Racquel Chantel Smith opgelê is. In wat as ’n baanbrekersaak in Suid-Afrika beskou word, waar die beskuldigdes vir mensehandel met die doel van uitbuiting en die ontvoering van ’n kind wat verkoop skuldig bevind en gevonnis is, is die slagofer nog nie gevind nie. Die drie is ná ’n verhoor van agt weke lank en twee dae van getuienis en argumente oor strafverswaring- en versagting gevonnis.
Regter Nathan Erasmus het met die staat se argumente wat deur regspraak en gedeeltes uit die wet gesteun is, op die voorkoming en bekamping van mensehandel gefokus voordat hy die vonnis opgelê het. Die drie se name word in die nasionale kinderbeskermingsregister aangebring en is ook verbied om ooit weer met kinders te werk. Die hof het voorts beveel dat die minister van maatskaplike ontwikkeling aan die kantoor van die hoofregter moet rapporteer oor vordering wat gemaak is om te verseker dat die departement aan aan die hofbevel voldoen.
Adv. Zelda Swanepoel, die adjunkdirekteur van openbare vervolging, het namens die staat aangevoer dat die hof by die oorweging van die vonnis die impak van die misdaad op die slagoffer en die mense rondom die slagoffer in ag moet neem. Sy het gesê dat dit tyd is om dit te doen, veral aangesien dit steeds onbekend is waar Joshlin is. Sy het haar verbasing uitgespreek dat die afwesigheid van Joshlin in die hof en die afwesigheid van haar fisieke getuienis oor haar weergawe van gebeure as ’n versagtende faktor beskou word. Inteendeel, het sy aangevoer, “dit is ’n verswarende faktor par excellence. Ons het haar nie, ons weet nie waar sy is nie, maar dit is waarom die staat bewyse gelewer het om vir haar ’n stem te gee, aangesien sy nie in die hof is nie.” Swanepoel het bygevoeg dat dit nie net die gemeenskappe van Saldanha, Langebaan en Suid-Afrika se slagoffers in die saak is nie. “Die internasionale gemeenskap kyk na hierdie saak, vra waar sy (Joshlin) is en waarom die veroordeeldes nie vorendag kom om te sê wat met haar gebeur het en die hof in hul vertroue neem nie.”
Staatsadvokaat Aradhana Heeramun het die hofvoorbereidingsbeampte met slagoffer-impakverklarings gelei. Die staat het aangevoer dat die drie beskuldigdes deel is van die plan om Joshlin te verkoop. Vir hul stilswye sou Van Rhyn R1 200 kry en Laurentia Lombaard (staatsgetuie) sou R1 000 ontvang, terwyl Smith en Appollis die res van die geld onder hulle sou verdeel. Daar is ooreengekom dat Kelly, haar ma, haar dogter as vermis sou aanmeld; Joshlin is daarna verkoop.
Nicolette Bell, die direkteur van opgenbare vervolging in die provinsie, het die vervolging se pleidooi ondersteun dat howe moet oorweeg om die impak van die misdaad op die slagoffer en diegene rondom die slagoffer as ’n oorwegende faktor by te voeg. “Sake soos hierdie vra vir nuwe oorwegings en hierdie saak stuur ’n sterk boodskap uit dat kinders se regte van die uiterste belang is, veral aangesien die land Kinderbeskermingsweek herdenk. Ons hoop dat hierdie vonnisse ’n afskrikmiddel vir ander oortreders sal wees en dat ’n gevoel van hoop en vertroue daardeur in die publiek gevestig sal word.”
Lees ook meer hier:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]






2 Responses
Weet Iemand waar Kelly Smith in aanhouding gaan wees?
ek kan nie verstaan waar die arme kind is nie – niemand weet nie, is daai 3 so geheimsinnig dat lewenslank tronkstraf hul nie eers pla nie.