NDBV oorhandig saak oor Raygun aan polisie

Lees ook :

Foto: Op lêer

Waarskuwing – Die video-opname in die berig kan sensitiewe lesers ontstel

MPUMALANGA. – Die grudood van Raygun, die bobbejaan, op 6 Februarie het die land aangegryp. Nadat die NDBV nou sy ondersoek oor die bobbejaan se dood voltooi het, is die dossier op 20 Maart vir ondersoek aan die Delmas-polisie oorhandig.

Hoofinspekteur Douglas Wolhuter, die bestuurder van die NDBV se Wildlewe Beskermingseenheid, sê: “Dit was nie ‘n maklike geval nie. Dit is om elke draai met weerstand begroet. Ten spyte van die vele struikelblokke het die NDBV die dryfveer agter hierdie ondersoek gebly en verseker dat die saak voortgesit word.”

Volgens die NDBV het die ondersoek verskeie uitdagings gehad, soos obstruksie, dreigemente aan individue wat betrokke is, asook peuter met bewyse. ‘n Patologiese verslag het bevestig Raygun het beserings opgedoen voordat hy gesterf het. Buiten dié bevestiging het die plaaslike gemeenskap steeds nie met inligting na vore gekom nie. Dit het die NDBV egter nie gekeer om wel ondersoek te doen, bewyse in te samel en daarmee na die polisie te gaan nie.

“Weens wetlike beperkings mag geen inligting wat die beskuldigdes kan identifiseer, gegee word voordat hulle voor ‘n hof verskyn nie.”

Die NDBV sê voorts die saak is nou in die hande van die polisie en justisie. Die ondersoekbeampte sal met die wetlike prosesse voortgaan en verklarings kry. Die NDBV verseker hy sal die saak tot die einde dryf.

Die publiek is vir hul ondersteuning bedank.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief