Nege liggame al ondergronds by Stilfontein uitgehaal terwyl redding voortduur

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Reddingsoperasies met die 45 ton mobiele reddingshyser by skag 11 in Stilfontein het Maandag 35 siele opgelewer, van wie nege dood. Die hyser kan ‘n diepte van 3 000 meter ondergronds bereik. Twee vrywilligers van die gemeenskap word met dié toerusting tot diep in die mynskag afgehys om die mynwerkers te bereik.

Brig. Athlenda Mathe en Makhosonke Buthelezi, onderskeidelik die woordvoerder vir die polisie en die departement van minerale hulpbronne en energie, sê in ‘n gesamentlike verklaring liggame is deur forensiese patologiesedienste verwyder. Ondersoeke na die dood van die myners word ingestel, aangesien bewerings gemaak word oor kos wat ondergronds gestuur is en glo gerantsoeneer of van myners weggehou is. Bewerings van mishandeling en aanranding word ook ondersoek, nadat beeldmateriaal van die onwettige myners wat glo ondergronds gemartel en aangerand is, aan die lig gekom het.

Onwettige myners wat die oppervlak bereik, word vir items soos onwettige vuurwapens en goud deursoek, waarna hulle deur paramedici geassesseer word. Indien verdere mediese hulp vereis word, word hulle na ‘n geskikte fasiliteit geneem. Dié wat in goeie gesondheid verkeer, word in hegtenis geneem. Alle onwettige myners word geprossesseer om hulle nasionaliteit en immigasie-status vas te stel, waarna hulle in polisieselle aangehou word.

Die reddingsoperasie word vanoggend hervat en sal na verwagting nog die volgende 10 tot 16 dae voortduur. Die ministers van polisie en minerale hulpbronne en energie sal Stilfontein vanmiddag besoek. Tot op hede het meer as 1 500 individue na die oppervlak gekeer en is gearresteer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief