Nege polisiebeamptes op aanklag van poging tot moord in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi het Opod, die polisiewaghond, van samewerking verseker nadat nege polisiebeamptes Donderdagoggend op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem is.

Brig. Jay Naicker sê genl. Mkhwanazi is vasbeslote in sy benadering oor polisiebeamptes wat die wet oortree, omdat polisiebeamptes die eed geneem het om die gemeenskap te beskerm en te dien.

“Ons werk saam met Opod, die Valke en teen-korrupsie-eenheid wat sake ondersoek van polisiebeamptes wat die wet verontagsaam. Ons bly toegewyd om korrupte polisiebeamptes uit te roei.”

Die generaal het gesê daar is talle werklose mense wat gewillig is om by die polisie aan te sluit en sal beskerm en dien. Hy sal nie bly vashou aan diegene wat nie binne die grense van die wet bly nie.

Naicker sê sedert Mkhwanazi se aanstelling as provinsiale kommissaris drie jaar gelede is reeds 105 polisiebeamptes vir verskeie oortredinge in hegtenis geneem. Altesaam 314 beamptes is ontslaan. Die polisiebeamptes is nie net in hegtenis geneem nie, maar moes ook dissiplinêre prosesse deurgaan.

“Omdat ons wangedrag ernstig opneem, is die standaard van bewys nie bo redelike twyfel, soos in strafsake nie, maar op ‘n oorwig van waarskynlikhede gebaseer. Dit stel ons in staat om vinnig met dissiplinêre ondersoeke voort te gaan en in die meeste gevalle word ons dissiplinêre sake ver voor die strafsake afgehandel.”

Naicker sê terwyl sekere polisiebeamptes die beeld van die polisie skade aandoen, word diegene wat aanhou om die gemeenskap te beskerm en te dien en hulle lewens daardeur in gevaar stel, waardeer.

“Ons hoor elke dag van voorvalle waar polisiebeamptes hul lewens op die spel geplaas het om ‘n veiliger omgewing te skep en hulle doen dit binne die grense van die wet.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief