Nege van Bloemfontein na ‘roofvideo’ gearresteer

Lees ook :

Foto: Skermgreep van beeldmateriaal soos ontvang

VRYSTAAT. – Die Parkweg-polisie het nege verdagtes in hegtenis geneem nadat twee video’s op sosiale media versprei is van ‘n groep aanvallers wat niksvermoedende slagoffers in Bloemfontein se stedelike gebied beroof.

Sers. Mahlomola Kareli sê die verdagtes het die slagoffer beroof, terwyl daar deur omstanders toegekyk is. Die video is onder die aandag van misdaadvoorkomingslede aan diens gebring. Daarna is drie verdagtes gearresteer, insluitend ‘n verdagte wat glo die geroofde goedere aangekoop het.

Met ‘n wenk van die gemeenskap is nog drie addisionele verdagtes gearresteer. Nog drie verdagtes is verder met behulp van ‘n wenk deur die distriktaakspan in hegtenis geneem.

Die nege verdagtes sal Maandag op agt aanklagte van roof met verswarende omstandighede in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort en meer aanklagte kan moontlik bygevoeg word.

Lees meer en kyk die video hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief