Nodige boek oor aanlynveiligheid

Lees ook :

Penguin Books het pas How Not to Mess Up Online (188 bladsye en 12 hoofstukke) gepuliseer. Die gids deur Emma Sadleir en Rorke Wilson bemagtig tieners (en hulle ouers) om veiliger aanlyn te verkeer. Sadleir is die stigter van Digital Law Company en Wilson is ‘n medeprofessor by DLC.

Die agterbladteks lui: “How Not to Mess Up Online is the book every teen and parent needs in a world where the internet doesn’t come with training wheels. From AI and deepfakes to sextortion and screenshot scandals, today’s digital dangers move fast – and the law’s still catching up. … Packed with real South African case studies, chaotic cautionary tales and clear legal advice, this guide covers everything from sexting and cyberbullying to scams, plagiarism, privacy and AI-generated nonsense. It’s not about scaring you off the internet – it’s about showing you how to use it without it using you.”

Die hoofstuktitels is: Back to Basics; Context, Tone and Audience – IJBOL; The Platforms; Cyberbullying; Your Health; Sexting; Oh No, Another Opinion On AI; The Deep Web; Lots of Laws; Gaming Speed Run; Shh … Don’t Tell; Your Digital Footprint. Die boek is op ‘n tienervriendelike manier geskryf maar draai geensins doekies om nie.

How Not to Mess Up Online rus lesers toe om digitale slaggate te vermy. Ek beveel die boek sonder skroom aan. Elke tiener en ouer behoort dit te lees. Trouens, dit behoort ‘n voorgeskrewe boek by skole te wees.

Lees ‘n uittreksel hier, kry jou kopie by ‘n deelnemende boekwinkel of bestel dit hier.

Lees hier meer oor Fanie van der Merwe se Fanie os oppie jas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief