Nog dwelmmiddels van R550 m. deur polisie vernietig

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Vyf ton dwelmmiddels met ‘n waarde van R550 m. is gister onder die bevel van genl. Fannie Masemola deur die polisie verbrand.

Volgens brig. Athlenda Mathe is die dwelmmiddels, wat kokaïen, heroïen, Mandrax-tablette en dagga insluit, tydens misdaadoperasies in KwaZulu-Natal, Limpopo, die Vrystaat, Gauteng, Noordwes en Mpumalanga onderskep.

Sedert Oktober is vier massiewe dwelmbesendings onderskep waarvan drie in Durban en een in Gqeberha was. Tydens een van die beslagleggings is meer as R365 m. kokaïen deur die polisie ontdek. Hierdie is die vyfde keer in die finansiële jaar wat dwelmmiddels op groot maat vernietig word. Dit bring die waarde van die verbode middels wat in hierdie finansiële jaar vernietig is op meer as R2 bn. te staan.

Genl. Fannie Masemola sê die polisie het sedert 2019 altesaam 131 onwettige laboratoriums toegemaak.

FiND iT het onlangs berig die polisie in die Kaap het van R90 m. se dwelmmiddels ontslae geraak. Gedurende Oktober 2023 is nog ‘n massiewe hoeveelheid dwelmmiddels in Gauteng vernietig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief