NOORD-KAAP. – Die liggame van ‘n tien dae oue babameisie en twee volwasse mans, wat glo op 17 Maart omstreeks 01:30 by ‘n privaat lykshuis op Kuruman geroof is, is steeds soek.
Lt.kol. Sergio Kock sê ten spyte van die ondersoek van die sakeroof deur die provinsiale ondersoekdienste is nog geen arrestasies gemaak of die liggame teruggevind nie. Die ondersoek het bevind verdagtes het die vertrek van die veiligheidswag by die lykshuis binnegegaan, die wag aangerand, vasgebind en geblinddoek. Hulle is daarna met die drie liggame van die lykshuis weg.
“Die ondersoekspan werk onverpoosd en volg alle leidrade rakende die saak op.”
Enigiemand met relevante inligting word gera om lt.kol. Doggy Magugu by 082 469 0578 te bel.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





