Nog ‘n Faffie op pad

Lees ook :

Foto's: Miné van Niekerk Instagram

Faf de Klerk en Miné van Niekerk verwag weer ‘n babadogtertjie.

Dié aankondiging is pas op Instagram, op Miné se verjaarsdag, gedoen: “Verrassing! Ons brei die De Klerk-span uit! Groot Sussie Plig: Kies die Faffie van ons nuwe spanmaat ……nog ’n dogtertjie op pad.”

Die egpaar het in ‘n video-opname van die aankondiging blou en pienk “Faffie’s” vasgehou en kleinsus Remi die regte kleur laat kies.

Faf het sy vrou ‘n gelukkige verjaarsdag toegewens: “Gelukkige verjaarsdag aan my vrou @minevanniekerk. Dankie vir alles wat jy vir ons doen. Mag God jou hierdie jaar veilig hou en al jou drome waar maak. Ek en Remi-Ré is werklik geseënd. Op baie meer avonture saam. Ek is lief vir jou, my skat.”

Handré Pollard se vrou, Marise, het gesê: “Yeayyyyyy!!! Ek is so opgewonde”

Anlia Etzebeth, Eben se vrou, het gereageer met: “Nog ‘n bestie!!!”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief