Nog ‘n verdagte in verband met versekeringverwante-moorde in hof

Lees ook :

Foto: NVG

LIMPOPO. – Leshweng Johannes Shokane (53) het in verband met ’n reeks moorde wat verband hou met versekering in die Polokwane-landdroshof verskyn. Hy is die broer van Rachel Raesetsa Shokane Kutumela (43), ‘n voormalige polisiebeampte, en Annah Shokane (47), asook die oom van Madjadji Flora Shokane (23), almal van Moletjie Makgofe. Slagoffers is glo verdrink en verbrand.

Mashudu Malabi, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Shokane word aangekla van nege moorde, geldwassery, ontvangs van opbrengste van onwettige aktiwiteite en verhindering van die gereg. Hy is op 4 November in hegtenis geneem en sal tot sy borgtogsaak op 18 November in aanhouding bly.

Volgens aanklagte het Rachel en Annah tussen 2013 en 2022 op bedrieglike wyse lewens- en begrafnisversekeringspolisse op slagoffers se name uitgeneem en daarna as begunstigdes ongeveer R10 miljoen van verskeie diensverskaffers, insluitend Absa, Standard Bank, Capitec, Hollard, Assupol, Old Mutual, One Life en Clientele, ingevorder. Madjadji en Johannes het na bewering in die opbrengste gedeel.

Die staat het aansoek gedoen om Shokane by die hoofsaak van die ander drie verdagtes te voeg. Die verhoor van Rachel, Annah en Madjadji is na die Polokwane-hooggeregshof verskuif en sal van 5 tot 30 Oktober 2026 plaasvind. Alle verdagtes sal tot dan in aanhouding bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief