NOORD-KAAP. – Die polisie in die Noord-Kaap het die afgelope week saam met doeanebeamptes en nog wetstoepassingsbeamptes in die Upington-area op onwettige sigarette van R6 801 614 beslag gelê.
Volgens sers. Omphile Masegela is onwettige sigarette ter waarde van R882 124 Dinsdag 27 Februarie gekonfiskeer nadat drie persele op Upington deursoek is.
Donderdag 29 Februarie is by nog ‘n groothandelaar op onwettige sigarette ter waarde van R2 604 490 beslag gelê.
Vrydag 1 Maart is op onwettige sigarette van R 315 000 na ‘n wenk in ‘n groothandelaar se stoorkamer beslag gelê.
‘n Navraagdossier is vir ondersoek geopen en die onwettige sigarette is vir verdere ondersoek aan doeanebeamptes oorhandig.
“Die polisie waarsku teen die handeldryf in onwettige sigarette en enigiemand wat hulleself daaraan skuldig maak sal met die volle mag van die wet te doen kry,” sê sers. Masegela.





