Nuwe Covid-19-variant Nimbus nie tans rede tot kommer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die regering het Woensdag aangekondig dat die nuwe Covid-19-variant, bekend as Nimbus of NB.1.8.1, nie in hierdie stadium rede tot kommer is nie.

Luidens ‘n verklaring van die departement van regeringskommunikasie en inligtingstelsels (GCIS) distansieer die regering hom van vals en misleidende boodskappe op sosiale media wat beweer dat almal weens ‘n sogenaamde “dodelike” en “moeilik-om-op-te-spoor” Omicron XBB-variant maskers moet dra. Die Nimbus-variant is ‘n afstammeling van die Omicron-stamboom en word in sommige dele van Asië met ‘n toename in gevalle verbind. Daar is egter geen bewyse dat hierdie variant gevaarliker is as ander variante tans in sirkulasie nie.

“Die regering hou die nuwe variant fyn dop en sal enige belangrike ontwikkelings deur gevestigde netwerke aanmeld. Beskikbare bewyse oor Nimbus dui nie op bykomende openbare gesondheidsrisiko’s nie.”

Die publiek word egter steeds aangeraai om waaksaam te bly en behoorlike higiëne toe te pas, insluitend gereelde handewas, jou mond te bedek wanneer jy hoes of nies en om tuis te bly wanneer siek. Verder sê die regering dat die huidige goedgekeurde Covid-19-entstowwe waarskynlik effektief sal bly teen die variant.

Die regering sê daar word saam met belanghebbendes gewerk om ’n Nasionale Pandemie-gereedheidsplan te ontwikkel en te hersien om beter op toekomstige pandemies te reageer.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief